MISSIO – LOCAL BEDIENINGSGELEENTHEDE

As deel van Mosaïek se visie wil ons ‘verder’ gaan deur 20 bedieningsinisiatiewe in ons ‘local’ omgewing aan te pak. Dit bied vir elke Mosaïeker die geleentheid om ons stad met hul tyd en hande te dien binne ‘n kort, 20-minute ryafstand vanaf Mosaïek.

Hierdie geleenthede vind op verskeie plekke plaas. Sommiges in ons gemeenskap buite, party op perseel en ander vanuit jou eie huis! 

Ons nooi jou, veral as jy nog nooit van te vore gedien het nie, om met die skakel hieronder te registreer en saam met ons hande te vat en ’n verskil te maak! 

Die bedieningsgeleenthede sal soos wat die datums beskikbaar word, hier, asook op die “Registrasies” tab op ons webtuiste, opgedatteer word en individue wat hier registreer, sal op hoogte gehou word van opkomende bedieningsgeleenthede asook direk gekontak word met meer besonderhede.

 

SKANDEER DIE QR KODE VIR OPKOMENDE BEDIENINGSGELEENTHEDE:

As jy nie een van die bogenoemde bedieningsgeleenthede kan meemaak nie, registreer op hierdie blad om algemene belangstelling te toon en inligting oor opkomende bedieningsgeleenthede te ontvang.

Vir verdere navrae, kontak Elsa de Witt op connection@mosaiek.com.