Jare gelede het die frase “die kuns van die lewe” ‘n verbeelding van die lewe met Hom in ons wakker gemaak. Hierdie kuns word beoefen in die drie grootste verhoudings wat ons lewe bepaal. Dit is ons verhouding met Hom, met mekaar en met ons wêreld.
In die Mosaïek-familie gaan ons saam op hierdie reis:
1. Mosaïek – die Afrikaanse Gemeente wat tans ons basis van alle gebeure in die familie is. Ons ontmoet elkeen waar hul is met geleenthede uniek tot elke persoon op die reis.
2. Origins – wat ons retreat spasie is. In hierdie jaar wat verby is het daar 1500 mense op retreat gegaan en al hoe meer mense buite die Mosaïek-familie stel belang. Ons droom om in die toekoms mense te ontmoet waar hulle is en verskillende retreat-belewenisse te bied vir die fases van ons reis.
3. eMosaïek – ons aanlyn teenwoordigheid wat veral twee groepe mense bedien: Eerstens, die digital natives – mense wat nooit by die gemeente sal kom nie, maar wel dit wat aanlyn is aanvaar as hulle hoof voeding.
Tweedens, die hybrids – mense wat dikwels in die gemeente kom, maar in wie se lewe die aanlyn inhoud ook ‘n groot invloed het.
4. Mosaic – Mosaic sal in dieselfde etos en filosofie deel as die res van familie. Die span word gebou met Tarine de Ridder voltyds op die leierskapspan en Jose Crosson met ‘n primere fokus op aanbidding en diensbelewenisse. Ons vertrou die Here vir nog ‘n leier op hierdie span, asook ‘n leier wat fokus op die jeugbediening.
Om dit reg te kry gaan ons ons toewy tot die goeie werke waarvoor Hy ons roep. Miskien word jy beweeg om jouself toe te wy aan Sy goeie werke – om van jou tyd en energie te gee om die Koningkryk van God hier saam met die Mosaiek-familie te bou. Bid daaroor – dit kan een van die grootste groei-ervarings in jou lewe wees…
Laai volledige bedieninge
verslag hier af
Gaan na INVEST blad
Stories in ons midde
Stories in ons midde
ZAPPER
SNAPSCAN
PAYFAST
BANK
BANK: ABSA Cresta
BANK TAKKODE: 632005
REKENINGNOMMER: 1009131686
Meld jou voorletters en van