Jare gelede het die frase “die kuns van die lewe” ‘n verbeelding van die lewe met Hom in ons wakker gemaak. Hierdie kuns word beoefen in die drie grootste verhoudings wat ons lewe bepaal. Dit is ons verhouding met Hom, met mekaar  en met ons wêreld. 

 In die Mosaïek-familie gaan ons saam op hierdie reis:

1. Mosaïek – die Afrikaanse Gemeente wat tans ons basis van alle gebeure in die familie is. Ons ontmoet elkeen waar hul is met geleenthede uniek tot elke persoon op die reis.

2. Origins – wat ons retreat spasie is. In hierdie jaar wat verby is het daar 1500 mense op retreat gegaan en al hoe meer mense buite die Mosaïek-familie stel belang. Ons droom om in die toekoms mense te ontmoet waar hulle is en verskillende retreat-belewenisse te bied vir die fases van ons reis.

3. eMosaïek – ons aanlyn teenwoordigheid wat veral twee groepe mense bedien: Eerstens, die digital natives – mense wat nooit by die gemeente sal kom nie, maar wel dit wat aanlyn is aanvaar as hulle hoof voeding.

Tweedens, die hybrids – mense wat dikwels in die gemeente kom, maar in wie se lewe die aanlyn inhoud ook ‘n groot invloed het.

4. Mosaic – Mosaic sal in dieselfde etos en filosofie deel as die res van familie. Die span word gebou met Tarine de Ridder voltyds op die leierskapspan en Jose Crosson met ‘n primere fokus op aanbidding en diensbelewenisse. Ons vertrou die Here vir nog ‘n leier op hierdie span, asook ‘n leier wat fokus op die jeugbediening.

Om dit reg te kry gaan ons ons toewy tot die goeie werke waarvoor Hy ons roep. Miskien word jy beweeg om jouself toe te wy aan Sy goeie werke – om van jou tyd en energie te gee om die Koningkryk van God hier saam met die Mosaiek-familie te bou. Bid daaroor – dit kan een van die grootste groei-ervarings in jou lewe wees…

Laai volledige bedieninge
verslag hier af

Gaan na INVEST blad

Stories in ons midde

Almal hier is opreg en vriendelik. Binne ‘n maand is ons na ‘n nuwelidmaatgesprek genooi en het ons by ‘n Lewensgroep aangesluit, waar ons nie net nuwe vriende gevind het nie, maar ook 4-uur-in-die-oggend-noodkontaknommers.

Mosaiek is alles waarna ons gesoek het.
Ons geniet elke oomblik hier!

Rosanna en Rui

Sewe jaar gelede het ek besluit om by die kinderbediening aan te sluit om
iets terug te gee en tyd saam met my dogter deur te bring terwyl sy groei in haar geloofsreis. Wat begin het as ‘n manier om tyd saam met my dogter deur te bring en ‘n bydrae tot die gemeenskap te maak, het in ‘n diep persoonlike groeiproses verander. Ek is dankbaar vir elke oomblik, elke les en elke geleentheid om te dien en te groei.

Ek sal dit vir niks verruil nie.

– Shande –

Die Praxis-groep is bietjie van ‘n oase vir my. Dit val so natuurlik by my weeklikse ritme in. As mens daaraan dink, is ons eintlik net ‘n groep mense wat saam commit om ‘n sekere tyd saam stil te word by die Here – so ons draai eintlik saam in die stilte na Hom toe. En om dit saam met ander mense te doen bring net ‘n soort diepte aan daardie ervaring wat ek nie op my eie sou hê nie. Ek dink dit maak my ook
meer getrou om by die ritme van daaglikse gebed te bly in plaas daarvan om besig en verstrengel te raak in my allerdaagse dinge.
– Stanley –

Hi, my name is Joyce. I’m 58 years old. I’m living here in Zandspruit from 1999. I look after my sister’s child. my sister’s child is a CP (Cerebral Palsy). She can’t walk, she can’t do anything. I’m taking her to the hospital. I put her on my back because there’s no road. We’re even struggling with the wheelchair. I love her so much; we’re supposed to love our children like
this. The nice thing is, we also get love from Emthonjeni. They call us, we have meetings there. We share the problems and the struggles we have.
I’m so grateful for these projects and all the support
– Joyce –

ZAPPER

SNAPSCAN

PAYFAST

Kerk: Mosaiek
Kategorie:
Beskrywing:
Bedrag: R

BANK

NAAM: Mosaïek
BANK: ABSA Cresta
BANK TAKKODE: 632005
REKENINGNOMMER: 1009131686

Meld jou voorletters en van

SNAPSCAN/ZAPPER

PAYFAST

Kerk: Mosaiek
Kategorie:
Beskrywing:
Bedrag: R

BANK BESONDERHEDE

NAAM: Mosaïek
BANK: ABSA Cresta
BANK TAKKODE: 632005
REKENINGNOMMER: 1009131686

Meld jou voorletters en van

Indien jy ‘n geloofsverbintenis wil maak in vertroue met die Here en finansieel ‘n bydra maak, nooi ons jou om die onderstaande vorm in te vul: