Alone we can do so little, together we can do so much! – Helen Keller

Opheffing en bemagtiging deur middele van onderwys en gemeenskapsontwikkeling. Informele stedelike nedersettings word gekenmerk deur ernstige sosiale ongelykhede en is onder die land se grootste sosiale uitdagings.
Armoede, ‘n gebrek aan behuising,  onvoldoende opvoedkundige platforms en werksgeleenthede is maar van die faktore wat díe gemeenskappe van hul waardigheid kan stroop. Emthonjeni se sorggebaseerde, verhoudingsgerigte projekte word uitgebrei tot …
Sosiale Entrepreneurskap
Omgewings-bewaring
Vroeë Kinderonderwys
Gemeenskaps-ontwikkeling

Emthonjeni se visie is dat alle mense gelyke geleenthede tot hulle beskikking het om hul volle potensiaal te bereik en by te dra tot die sosiale en finansiële welstand van hul gemeenskappe.

Vir verdere inligting oor Emthonjeni se opheffingsprojekte kontak asb vir Louise Rivett by 011 268 4783 olouiser@mosaiek.com    Indien jy wil betrokke raak kontak asb vir Estelle Mengel by 011 268 4779 of estellem@mosaiek.com  

Om hoop te bring aan die mees kwesbare mense in ons gemeenskap. Armoede, fisieke gestremdhede, ouderdomsfaktore en etniese afkoms is slegs ‘n paar faktore wat bydra tot die sosiale uitsluiting en werwerping van weerlose gemeenskappe.

Embark Foundation se sorggebaseerde, verhoudingsgerigte projekte word uitgebrei tot …

Verlate
Babas

Fisies Gestremde Volwassenes

Palliatiewe
Sorg

Embark Foundation se visie is om volhoubare projekte binne weerlose gemeenskappe te vestig en sodoende waardigheid en hoop in mense se lewens te kweek.

Vir verdere inligting oor Embark Foundation se opheffingsprojekte kontak asb vir Louise Rivett by 011 268 4783 olouiser@mosaiek.com   Indien jy wil betrokke raak kontak asb vir Ansie Tredoux by 011 268 4784 of missional@mosaiek.com