Mosaïek se gesinsbediening bemagtig ouers om te midde van ‘n druk besige lewe, saam met hulle kinders na ‘n dieper verhouding met Jesus te reis en sodoende ook sinvolle verhoudings met mekaar en ander te bou en uit te leef.

In vandag se tyd is daar baie druk op gesinne en min tyd en spasie om saam te groei. Kinders en ouers se programme is vol en daar word van elke gesinslid verwag om op hulle gebied te presteer. Daar is ‘n oorvloed informasie en geleenthede wat maak dat kinders nuwe uitdagings moet hanteer. Ouers voel dikwels oorweldig en onopgewasse om hulle kinders hierin te begelei.

 Mosaïek het ‘n hart vir gesinne en ons besef dat die gesondheid van die gesin van uiterse belang is. Die wholeness sentrum bied ondersteuning in terme van huweliksberading, geestelike versorging, ontwikkelings- en kliniese sielkunde, asook arbeidsterapie.

Kom kry, tydens die verskeie leerervarings, raad oor hoe jy jou kind kan ondersteun in elke ontwikkelingsfase, oor sosiale media en tegnologie en oor geloofsvorming.

Ons droom dat elke gesin in Mosaïek ‘n veilige, gesonde ruimte vir holistiese groei en ontwikkeling sal wees. Ons glo dat die gesin ‘n God-gegewe geskenk is wat gekoester en geniet moet word.