Hier by Mosaïek is dit vir ons belangrik om goeie rentmeesters te wees van die fondse wat aan ons toevertrou word. Hierdie is spreekwoordelik die weduwee se laaste munstuk waarmee ons toevertrou word.

HOE GEE EK FINANSIEËL?

Daar is verskeie aanlyn platvorms:
Payfast, Snapscan, Zapper, EFT en debietorder.

Tydens eredienste word offerhande opgeneem.

Klik hier om aanlyn gee opsies te sien

WAARVOOR WORD MY GELD GEBRUIK?

Tiendes en Donasies

Jou bydrae gaan na die Mosaiek Algemene Operasionele fonds wat die dag tot dag bedieninge en gemeentebyeenkomste finansier. Vir die impak hiervan druk gerus hier vir die Jaarverslag 2018/2019.

Invest

Jou bydrae raak duisende lewens en verseker dat kapitale en operasionele fondse gerig en bestuur kan word in lyn met die oogmerke van Mosaïek Invest.

VERANTWOORDBAARHEID VIR FINANSIES BY MOSAÏEK

Daar is verskeie korporatiewe bestuurs

maatreëls in plek

  • ‘n Finansiele komitee – kenners vanuit verskeie finansiele velde en gemeentelede van Mosaiek. Hierdie komitee kom maandeliks bymekaar om na die finansiele stand van die entiteite te kyk en te bestuur.
  • Jaarlikse begrotingsprosesse by alle bedieninge onder leiding van die leiers en die Ouderlinge, verseker goeie rentmeesterskap.
  • Jaarliks word daar ‘n onafhanklike oudit gedoen – Ons huidige ouditeure GNR Chartered Accountants (SA) and Registered Auditors

HOE KAN EK MY PERSOONLIKE FINANSIES BETER BESTUUR?

Ons is daar om jou te ondersteun met ‘n span finansiele kundiges wat op ‘n gereelde basis finansiele kursusse aanbied.

VIR MEER INLIGTING