The more I learn myself, the more I learn to know God
– Augustine –
Formatio rus jou toe vir die lewe saam met God, ander en in jou wêreld deur leergeleenthede wat fokus op die geheel-mens. Leergeleenthede poog om jou toe te rus met kennis (die wat), insig (hoekom dit belangrik is) en vaardighede (die hoe) vir jou lewensreis.
Hierdie leergeleenthede word op verskeie maniere vir jou beskikbaar gestel – as een-tot-een gesprek geleenthede, groep-belewenisse en/of aanlyn ervarings.
“Leer ons om te bid” – Lukas 11:1
Van al die dinge wat die dissipels Jesus kon vra om hulle te leer, is hulle enkele versoek dat Hy hulle leer om te bid.
Hiermee erken hulle dat Jesus se innerlike lewe saam met die Vader die bron is van sy uiterlike lewe en bediening. Hulle erken hiermee ook hulle eie begeerte om hierin te verdiep.
As deel van Mosaiek se formasie roeping, ‘Die reis om Jesus te volg saam met ander, te leer by Hom en Sy innerlike wese aan te neem, ter wille van ander”, is die Skool van Gebed daar om jou op jou journey te begelei: ons ontmoet jou waar jy is, en word begelei om ’n volgende tree te neem na ’n dieper verhouding met die Here.
Dit kan soos ’n tregter uitgebeeld word: die geleenthede bo is gerig op groter groepe mense met laer vlakke van deelname en commitment, met dieper vlakke van deelname, frekwensie en commitment verder af.
Dit kan as volg uitgebeeld word:


Formatio leerervarings
Leerervarings soos Gebedspraktyke, Friendship with God en Besluitneming, is gerig op groter groepe mense, en bied eerste treë in Jesus se uitnodiging na vriendskap met God.
Die leerervarings is gerig om te spreek tot die liggaam, siel en verstand, met inhoud en oefeninge wat poog om al hierdie die fakulteite te betrek.

Praxis
is geleenthede om saam ander verskillende gebedspraktyke te beoefen, waarvan die anker praktyk Skrifgebed is. Ons bid saam met Skrifgebed, gebedsange en stilte, en die nagmaal word met elke byeenkoms gevier.
Praxis vind plaas Maandae tot Donderdae om 12.00 in persoon by die klipkerk.

’n Week van Begeleide Gebed
is daarop gerig om jou te help om ’n daaglikse gebedspraktyk te ontwikkel en daarin te verdiep. Dit is dikwels die eerste tree in begeleiding, waar jy ervaar hoe dit is om met iemand te praat oor hulle lewe saam met die Here. ’n Week van Begeleide Gebed is ’n retreat terwyl jy met die normale roetine van die lewe voortgaan. Jy word genooi om in dié week daagliks 30 minute te wy aan afsondering en gebed, en dan daagliks met ’n gebedsgids ’n gesprek te hê oor jou ervaring. Die gebedsgids luister saam met die deelnemer na God se werking in hulle gebed, en op grond daarvan word voorstelle gemaak van Skrifgedeeltes en/of gebedspraktyke om mee te bid.
Die Week van Begeleide Gebed vind 4 keer ’n jaar by Mosaiek plaas

Praxis-groepe
is geleenthede om weekliks saam ’n groep te oefen om te bid met gebedsange, verskillende gebedspraktyke, stilte en die nagmaal.
Jy verdiep saam in die gebedspraktyke deur iets van jou ervaring te deel, en ook na die van ander te luister.
Groepe kom op verskillende plekke en tye in die week, in persoon of aanlyn, bymekaar.
Vir meer inligting of om te registreer sien gerus:
Praxis Groepe

Deurlopende spirituele begeleiding
bied aan jou die geleentheid om maandelikse met n spirituele begeleier te praat oor jou lewe saam met die Here. Aspekte soos beeld na God, gebedsritmes, roeping en besluitneming kom dikwels na vore.
Spirituele begeleiers van die Skool van Gebed ontmoet 6-weekliks vir opleiding en supervisie. Deur te luister na jou belewenis en reflekterende vrae te rig, “blaas die begeleier die stof uit jou oë” wat jou help om bewus te raak van God se werking in jou innerlike lewe, en die uitnodigings wat God aan jou rig. Die begeleier is iemand wat tot die bedieninge geroepe voel, opgelei is daarvoor en in supervisie staan.
Spirituele begeleiding is een van die kernelemente van Mosaïek se Skool van Gebed, en vind by Mosaïek of aanlyn plaas.
Vir meer inligting, kontak gerus Jacques Bornman by jacquesb@mosaiek.com
Retreats
Jesus het gereeld onttrek na stil, afgesonderde plekke om saam met die Vader te wees in gebed.
As deel van ons lewe saam met die Here, moedig ons jou aan om jaarliks op retreat te gaan. Mosaiek se retreats vind plaas op Origins, ons plek van stilte.
Mosaiek retreats word so ingerig dat dit mense ontmoet op verskillende plekke van die geestelike reis, met verskillende lengtes, temas en die aard van retreats wat daartoe spreek.
Dit kan soos volg uitgebeeld word:

Dagretreats word elke maand aangebied op Origins. Vir beginners op die geestelike reis bied dit die geleentheid om ’n eerste tree te neem in die ervaring van stilte, afsondering en gebed. Die retreat word deur ’n retreat master gefasiliteer, met gesamentlike gebed in die kapel,Poustinia, om 12.00. Kort input sessies rondom n tema, met uitnodigings vir refleksie en gebed in die tye van stilte, word deur die retreatleier gefasiliteer.
Tematiese naweek retreats geskied een keer per kwartaal, en word deur ’n retreatleier gefasiliteer. Op so ’n retreat is daar dikwels kort input sessies, met langer tye van stilte, refleksie en gebed.
Op so ’n retreat bid ons saam in Poustinia in die oggend, middag en aand.
Midweek retreats volg dieselfde formaat as naweek retreats, maar vind in die week plaas.
Solo retreats bied jou die geleentheid 48 uur in stilte, refleksie en gebed te spandeer. As deel van die retreat ontmoet jy daaglike met ’n spirituele begeleier van die Skool van Gebed. Die begeleier luister en onderskei saam hoe jy jou retreat kan inrig, en aandag kan skenk aan jou innerlike bewegings en God se uitnodigings aan jou.
Op ’n solo retreat bid ons saam in Poustinia in die oggend, middag en aand.
Langer retreats is veral geskik vir persone wat al ander retreats meegemaak het, en vir langer tye in stilte en gebed kan wees. Die formaat is dikwels invidueel begeleide retreats, waar jy daagliks met n spirituele begeleier ontmoet. Sou daar n oorhoofse tema tot die retreat wees, is dit een kort input sessie per dag. Retreatants bid saam met die daaglikse gebedsritme in Poustinia.
Origins se webtuiste