Die Nuwe Generasie bediening verken saam met kinders, tieners en studente hul geestelike formasiereis en verhouding met God, deur betekenisvolle ervarings, gebeurtenisse en gesprekke.

Hierdie generasie voer ‘n stryd om die ewig veranderende samelewing navigeer en steeds te voel hul leef ‘n lewe wat tel.

Nuwe generasie se omvattende strategie is om die ontwikkelingsfases van kinders, tieners en studente in ag te neem en elkeen van hierdie groepe se geloof te ontwikkel op ‘n ouderdoms gepasde manier sodat hulle hierdie samelewing met vrymoedigheid en groot vryheid kan navigeer.

Daar is verskeie bedieninge wat onder die Nuwe Generasie funksioneer vir elke verskillende ouderdomsgroep wat wissel van 2 jaar tot 30 jaar.

mKidz bedien kinders tussen 2 – 13. Mezo Hoërskool bediening bedien tieners tussen 13 -18. Studente en jong volwassenes vorm deel van die Antioch bediening vir mense tussen 19 – 30.

As jy meer inligting soek oor enige van hierdie bedieninge kan jy ons kontak by:

‘n Holistiese benadering tot die geloofsvorming van kinders.

Studies toon dat vandag se generasie kinders weier om deel te neem aan passiewe leerervaringe en dat hul verkies om ten volle geintegreerd te wees met die leerproses.

Ons kinders vorm deel van Generasie Z, ‘n generasie wat sosiale en interaktiewe leeromgewings koester waar hulle self betrokke kan raak by die leerervaring.

Mkidz bied ‘n holistiese en ouerdoms-gepasde program aan wat hierdie generasie in hul behoefte aan interaktiewe en geïntegreerde ervaringe ondersteun, om  sodoende die geestelike formasie van ons kinders binne die geloofsgemeenskap van Mosaïek in vennootskap met ouers te vestig.

Ons droom dat kinders seker is dat Jesus hulle onvoorwaardelik lief het en aanvaar, dat hulle met vrymoedigheid met Hom kan gesels oor hulle alledaagse lewe en dat hulle in geloofsgemeenskap hulle roeping na buite ontdek en uitleef.

mKidz Sosiale Media

Experimente in Geloof

Weeklikse kinderoordenking vir Laerskool kinders. Die videos is beskikbaar vanaf 18:00 op die Saterdag voor die Sondagdiens

Voorskool
Gr 1 – 3 (Afrikaans)
Gr 4-7 (Afrikaans) 
Pre-School
Gr 1 – 3 (English)
Gr 4 – 7 (English)

‘n Hoërskool bediening vir tieners, deur tieners wat passievol deel vorm van die bediening. Maak jou lewe tel deur deel te hê aan ‘n passievolle tiener geloofsgemeenskap. Kom ontdek meer van jouself en groei in jou geloofsreis saam met Jesus.

Om jou plek te vind in die samelewing is nie net ‘n uitdaging nie maar ook ‘n groot deel van jou lewe as tiener. In ‘n wêreld vol onsekerheid kan dit moeilik wees om ‘n tiener te wees. Jy’t vrae, behoefte aan verhoudings en wil nuwe dinge ervaar.

By Mezo ontdek ons die kuns van die lewe deur tiener dienste, jaarlikse uitreike, groot feeste en deelname aan die iServe span as ‘n ‘band’ lid, of verwelkomer en soveel meer.

Vind jou ritme in die lewe, leer nuwe mense ken, groei in jou geloof en kom ontdek die lewe saam met ons by Mezo.

Sondae oggende om 08:30 en 10:00. Jy is welkom by Mezo!

Mezo Sosiale Media

Weeklikse Mezo Boodskap vir Tieners

Die weeklikse video is beskikbaar vanaf 18:00 op die Saterdag voor die Sondagdiens

Unmuted

Antioch is ’n beweging binne Mosaïek waar mense in die eerste helfte van hul lewe (18 tot 35 jaar)  saam bemagtig word om in ’n hedendaagse kultuur Jesus te volg, hul storie te ontdek, te deel  en nuwe stories vir ons wêreld te skep.

In vandag se lewe is dit nie van selfsprekend dat jy ‘n voltydse student kan wees en daarna in stap in ‘n werk nie. Baie mense moet deeltyds studeer terwyl hulle werk of dadelik na skool gaan werk in die poging om vinniger selfstandig te word. Werk is ook deesdae moeiliker om te vind.

Verdere uitdagings is om die regte lewensmaat te kies en ‘n gesonde verhouding te bou as fondasie vir ‘n nuwe gesin.

 

Antioch wil saam met jou journey in ‘n uitdagende, tog opwindende tydperk van jou lewe. Daar is weeklikse byeenkomste in kleingroep verband waar ons saam ons verhouding met die Here kan verdiep en sodoende ons eie storie beter verstaan en waardeer. Kom geniet ook saam die sosiale geleenthede, asook leerervarings spesifiek gemik op die uitdagings wat hierdie groep moet hanteer. Activist is ook daar as ‘n entrepreneurskapsgeleentheid waar jy opleiding en begeleiding kan ontvang.

Ons droom dat elkeen binne Antioch ‘n beter storie sal leef en bewus sal raak van God se teenwoordigheid in die alledaagse lewe, besluite en geleenthede. Ons stap saam met mekaar ‘n pad om meer toegerus te voel nie net vir jou persoonlike lewe nie, maar ook vir die werkswêreld.

Vir enige navrae kontak vir – Theunis de Ridder

Antioch Sosiale Media