ONS STORIE

ONS STORIE

Besef ek, ek is op ‘n reis? Iets in my hunker na méér lewe, en ek bly soekend – na iets of iemand. My bestemming hou soveel belofte in.

Waarheen is ek oppad?

Ek kry boodskappe veral deur diep pyn en groot liefde. Dit ontluik dieper hunkeringe na aanvaarding, sekuriteit of invloed. Hunkeringe, meer as net fisies en psigies, maar ook geestelik.

Waarna hunker ek, ten diepste?

Daarom wil ek die reis met God meemaak. God (θ Eos, Grieks.) openbaar Homself as drie-enig. As Vader deur die skepping (groen), as Seun deur die lewe van Jesus (rooi) en die Heilige Gees deur ons belewenis (blou).

Hoe leer ek Hom in hierdie volheid ken?

Ek is nie alleen op reis nie. Daar is ander wat ook soek, wat ook hunker, dalk met meer ervaring. Dis opwindend, want ons gawes, persoonlikhede en stories is anders. En dit maak die saamloop nodig, veiliger en interessanter. Die uitnodiging is daar: Loop saam met ‘n familie op reis; Loop saam met Mosaïek,‘n gemeenskap van soekendes.

Saam met wie reis ek?

Saam met God en ander vind ek myself, en word ek wie ek eintlik is. Ek omarm my unieke gawes, persoonlikheid, passie, ervaring en netwerk en besef ek kan ‘n groot en goeie lewe leef – wat verder uitkring as myself. Wie is ek?

Waarvoor is ek hier?

My reis, soeke en bestemming is na Heelheid. Ek delg dieper, trek nader en reik verder om een te word met myself, Hom en ander. So deel ek in die verandering wat God in ons wêreld bring.

 Dis my uitnodiging na ‘n groot en goeie lewe!