Wholeness is die pastorale hart van ons Mosaïek gemeenskap. Dis die plek waar die pastorale span en aanvullende dienste gereed is om jou te ondersteun in jou reis en met ‘n gees, siel en liggaam benadering, na heelheid te lei. In Wholeness se rustige atmosfeer, saam met ’n bekwame terapeut of berader is ons daar om te luister en saam met jou die pad na integrasie en heling te ontdek. Wholeness by Mosaïek is waar ons die hoop lewendig hou wanneer jy dalk hopeloos voel.

Die Wholeness-sentrum is ’n plek van omgee, ’n plek van ondersteuning, ’n plek van healing, ’n plek van groei. Maak nie saak of jy tans die grootste verlies in jou lewe ervaar en heeltemal alleen voel nie, of dat julle in jul huwelik wil groei of dit bevestig nie. Daar is soveel hoofstukke in ons lewens waar ons ander se omgee en ondersteuning nodig het en dit is waar Mosaïek vir jou (julle) wil care. As span benader ons elke persoon wat kom aanklop se lewe as ’n geheelprentjie deur saam met jou ’n pad te stap in liggaam, siel en gees. In elkeen van hierdie woorde, “fisies, emosioneel en spiritueel”, lê daar verskillende maniere van bystand opgesluit in watter hoofstuk ook al van jou lewe waar jy jouself nou bevind.

KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING OOR: